banner ad
banner ad
banner ad

Letters:Anneke, Catpals – FILADELFIA SE KATTE

| December 30, 2011

 

Hi everyone, I thought I would send this wonderful mail I received this morning out to all of you, to make your day as it has made mine!

A huge, purry THANK YOU to Tricha Naudé from Feral Squad and Dr Peter Smith and his assistants from Onderstepoort, who sacrificed their entire weekend to sterilise these cats, as well as to Anneke van Zyl of RMB, without whose generous financial support none of it would have been possible!

You have all already made a huge difference in the lives of these cats as well as those caring for them. Many of the learners with disabilities have been inspired by this. And, as you’ll see in Rina’s letter below, the cats even received an honourable mention in the staff meeting! J

anneke – http://www.catpals.co.za


Hallo julle

Ek wil net vir julle vertel hoe gelukkig ek vandag is. Tricha en Dr. Peter en sy dogters het hulle hele naweek vir ons opgeoffer. Hulle het 13 katte gevang en gesteriliseer! Ek kan nie glo dit het in die kort tydjie wat ek met julle kommunikeer gebeur nie. Ek kan nie genoeg dankie se vir julle wat dit moontlik gemaak het nie.

Vir die eerste keer in al die jare wat ek by die skool is, is die katte in die vergadering genoem – dis asof die hele personeel nou ook wakker geskrik het en belangstelling toon. Die dowe leerders het deur die venster staan en kyk wat ons doen – dalk het dit hulle geinspireer om ook ‘n loopbaan te volg waar hullle met diere kan werk. Selfs mense van wie ek dit glad nie verwag het nie, het Vrydagaand gehelp met die hokke stel en hokke dra na die klas waar ek hulle gebere het.

Baie baie dankie ook vir die geld wat julle vir my inbetaal het. Ek sal die strokies hou van die kos wat ek koop. Ek gaan twee feeders koop waarop ek julle logo sal sit. Dit gaan dinge baie makliker maak vir my in die vakansies. Ek het altyd elke 2de dag gery – nou kan ek 1 maal per week kom.

Ons het fotos geneem, behalwe die laaste twee katjies wat sy gisteroggend gevang het. Ek het hulle met my selfoon afgeneem – sal dit vir julle probeer stuur.

Baie dankie weereens – ek waardeer julle hulp.

Lekker dag

Rina

Category: Feline Resources

Comments are closed.

banner ad
banner ad